Sport

Rugby kraai koning in opwarmingswedstryde

Die manne van Letaba Rugbyklub het Saterdag die eerste opwarmingswedstryde gespeel sedert die Covid-19-pandemie klubrugby in die provinsie tot stilstand gebring het.

Twee vriendskaplike wedstryde het op Letaba se tuisveld plaasgevind. In die eerste wedstryd speel ‘n gemengde span van Letaba se eerstes, tweedes en twee spelers van die Bosveld Pumbas van Hoedspruit teen Kruinies, ‘n senior mansspan van Heuwelkruin Polokwane. Kruinies wen die wedstryd met 32-23 as eindtelling.

Letaba se JP Vemeulen en Arthur Gafane gaan kuier agter die doellyn en André Klopper en JP Vermeulen teken punte aan met die skopskoen. Die hoofwedstryd skop af om 17:00 en Letaba se eerstespan speel ‘n harde wedstryd teen Hoedspruit se Bosveld Pumbas. Sidwell Kubayi druk twee drieë in die wedstryd.

Du Toit Hartzenberg en Jarik van der Walt gaan druk ook elkeen ‘n drie vir Letaba. André Klopper en JP Vermeulen vervyf die drieë en sit twee strafskoppe tussen die pale deur. Dit is ‘n naelbytstryd en oorwinning is uitendelik deur die skopskoen bepaal met die Pumbas se Elrich Ackermann wat 15 minute voor die eindfluitjie ‘n strafskop tussen die pale deurgestuur het om die leiding te neem.

Also read: Steenkamp slaan sewe houe onder baan by Tzaneen Ope

Ackermann het weer pale toe aangelê in die laaste paar minute, maar die skop was wyd. Letaba kon egter nie die drie punte verskil opmaak nie en Bosveld Pumbas wen met 29-26 as eindtelling. Letaba se eerstespan sal weer op 12 Maart in aksie wees in Makhado by Louis Trichardt Rugbyklub se Conway-rugbydag.

Hulle sal teen Louis Trichardt Rugbyklub se eerstespan in aksie wees. JJ Coetzer, afrigter van die Letaba eerstespan verduidelik dat hulle vanjaar in die Laeveld-liga-afdeling teen spanne soos onder andere Louis Trichardt, Potties en Noordelikes sal speel en dat die liga afskop op 26 April. Spelers wat belangstel om by Letaba Rugbyklub aan te sluit kan die klub se voorsitter, Bennie Kruger, skakel op 083 635 1731 of Coetzer skakel op 061 227 2202.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button