Sport

Laeveld Pumbas slyp tande vir wraak teen Lydenburg

Die Laeveld Pumbas se eerstespan het op 12 Maart teen hulle eweknieë van Lydenburg vasgeval. Dié vriendskaplike wedstryd het deel gevorm van die Hoedspruit-rugbydag wat deur die klub aangebied is.

Romeo Jones, voorsitter van die klub, vertel dat dit ‘n harde stryd was met ‘n eindtelling van 14-27 in Lydenburg se guns. Vir die Pumbas het Erich Ackerman, die losskakel, die enigste punte aangeteken in die wedstryd.

‘n Strafdrie is toegeken aan die Pumbas wat Ackerman suksesvol vervyf het. Louw gaan kuier ook self agter die doellyn om ‘n drie te druk en vervyf die drie om die totaal van die span se punte op te maak. “Ons uitdaging is om hierdie naweek op die veld uit te draf en daardie telling van 14-27 om te ruil,” vertel Jones.

Also read: Bosveld Pumbas wen 29-26 in naelbytstryd teen Letaba

Die Pumbas se eerstespan sal Saterdag weer te staan kom teen Lydenburgrugbyklub se eerstespan in ‘n wegwedstryd. Die tweedespan sal ook in aksie wees teen Lydenburg. Lydenburg se tweedespan het tydens dieselfde rugbydag hulle teenstanders van The Willows rugbyklub geklop met 23-0.

Origstad het teen Nkowankowa uitgedraf en het die stryd 21-7 beklink. Jones vertel dat hulle die oggend voor die drie wedstryde ook ‘n suksesvolle rugbykliniek vir skoliere aangebied het. Afrigters, Mickey Buyst en Naas du Plessis, het ongeveer 20 jong rugbyspelers opleiding gegee om hulle spelpeil te verbeter. Spelers wat belangstel om by die Pumbas aan te sluit kan Jones skakel op 0834392466.

BOSVELD PUMBAS SPAN:

1. Dieter Meyer 2. Jaco Massyn 3. Apollo Pinto 4. Mahlatse Malesa 5. Rudolf Von Avo 6. Armand Scullard 7. Zaba Mabunda 8. Raymond Woest 9. Matthew Miller 10. Erich Ackerman 11. Trinity Mthombeni 12. John Mwape 13. Marcel Basson 14. Nicolaas Ackerman 15. Ethan Gouws 16. Mbuelo Nethenzheni 17. Ntsepo Nkanyiso 18. Kgotso Mphalela 19. Almo Julies 20. Terseus Van Niekerk 21. Diaan Donson 22. Simon Malakia

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button