Sport

Tzaneeners presteer in die Baai

Tzaneen se sportsterre het die afgelope naweek gereis na Gqeberha vir die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskappe en ook vir die Ironman-ultra-driekampbyeenkoms.

By die SA tweekampkampioen-skappe het Cor van Heyningen Tzaneen en Limpopo se naam hoog gehou deur derdeplek in die veteraanskategorie te vat. Die tweekampbyeenkoms bestaan uit ‘n 800m-naelloop en 100m-swemitem. Van Heyningen het die naelloop in 2:32,35 voltooi en die 100m-swem in 1:09,25. Die Ironman bestaan uit 3.8km-swem, 180.2km-fietsry en 42.2km-hardloop, maar ongelukkig is die swemitem Saterdag gekanselleer vir veiligheidsredes.

Steve Wilson

Linda de Nysschen, wat die 3000m-opewater swemitem by die Ebenezer Myl gewen het, vertel dat dit vir haar ‘n groot teleurstelling was, maar dat veiligheid eerste kom. “Die weer het dit ‘tough’ gemaak,” vertel De Nysschen. Sy voltooi die verkorte Ironman in 10:23:24 en vat sodoende sesdeplek in haar kategorie. Met dié tyd is sy ook 25ste in die vroueafdeling en 172de algeheel. “Ek sal maar volgende jaar weer die Ironman moet doen vir die swem,” lag De Nysschen wat die jaar haar eerste vol Ironman aangepak het.

Linda de Nysschen

Lees ook: Cape Epic: ‘Dit was ’n riller!’

Sy sien uit daarna om deel te neem aan die 70.3 Ironman wat in Junie in Durban sal plaasvind. Leon Roode voltooi die Ironman in 9:43:42 en is sodoende 19de in sy ouderdomsgroep. Hy is ook 66ste in die mansafdeling en 76ste algeheel. Roode oorweeg dit om volgende die Mac Mac-ultramaraton aan te pak in Mpumalanga. Steve Wilson het sy Ironman in 9:45:15 voltooi en 21ste in sy ouderdomsgroep oor die eindstreep gehardloop.

Cor en Liezl van Heyningen.

Hy verdien met die tyd ook’n 77ste plek in die mansafdeling en 90ste plek algeheel. Jan-Louis en Janine Pretorius het ook die uitdaging aangedurf. Jan-Louis het die Ironman in 10:49:48 voltooi en sodoende 31ste in sy ouderdomkategorie gevat. Hy is 202de in die mansafdeling en 237de algeheel. Janine het die Ironman in 12:07:49 voltooi en vat die 16de plek in haar ouderdomsgroep, 88ste plek in die vroueafdeling en 421ste algeheel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button