Sport

Speke sing by nuwe Magoebaskloof-roete

Die heel eerste Miami Magoebaskloof MTB-uitdaging het Saterdag by Faerie Glen buite Tzaneen weggespring.

Hierdie is ‘n opwindende toevoeging tot Limpopo se bergfietswedrenkalender en het gesorg vir rowwe 15km-, 35km- en 70km-roetes wat deur Kuno Venter uitgelê is vir die Tzaneen Fietsryklub.
In die 70km-uitdaging is Komborero Bere as die ‘King of the Mountain’ gekroon. Hy vat algehele eersteplek, voltooi die uitdaging in 2:56:08 en wen sodoende die mans-elite-divisie. Hy het die wedren gemaklik gewen en ‘n 20 minuut voorsprong gehad. Bill Noel vat die algehele tweedeplek met ‘n tyd van 3:16:15 en wen ook sodoende die mans-veteraankategorie.

Tyler Botha vat die derdeplek met ‘n tyd van 3:23:56. Shani Rudder wen die prys vir die “Queen of the Mountain” met ‘n tyd van 04:12:31 en vat die topplek op die podium in die vroue-afdeling. Meesterryer, Louwrina Dando vat tweedeplek in die vroue-afdeling met ‘n tyd van 4:24:10.
In die 35km-resies het Henro van der Walt die algehele eersteplek verwerf met ‘n tyd van 1:42:12 en wen hy ook die sub-junior afdeling met dié tyd. Gordon Noel vat algehele tweedeplek met ‘n tyd van 1:42:43 en wen ook die sub-junior divisie.

Vrouewenner in die 35km, Anke Rood.

Lees ook: Tzaneense fietsryers geniet Sani2C-uitdaging

Edrich Lourens vat die algehele derdeplek met ‘n tyd van 1:42:55. Hy wen ook die mans junior afdeling met die tyd.
Anke Rood is die eerste vrou oor die eindstreep in de 35km-uitdaging en wen die resies met ‘n tyd van 1:58:34. Sy wen ook die vroue-jeugafdeling met dié tyd. Elisma Luus is die tweede vrou oor die eindstreep en wen sodoende die sub-veteraankategorie met ‘n tyd van 2:05:06.
In die 15km-uitdaging het die jongspan met die louere weggestap. Marlo van der Walt het die algehele eersteplek en die topposisie in die Sprogs-divisie geneem en voltooi die roete in 33:12.

“King of the Mountain”, Komborero Bere en “Queen of the Mountain”, Shani Rudder tydens die prysuitdeling van die eerste Miami Magoebaskloof bergfietswedren wat Saterdag by Faerie Glen plaasgevind het. Bere het die 70km uitdaging mansafdeling gewen en Rudder is die vrouewenner.

Ferdie Viviers vat die tweedeplek met ‘n tyd van 35:30 gevolg deur Aron van den Borre wat die algehele derdeplek in die resies vat. Viviers wen die sub-junior afdeling en Van den Borre wen met sy tyd van 35:33 die Nippers-afdeling. Leila van Wyngaardt is die eerste dogter om die resies te voltooi en wen ook met haar tyd van 40:43 die Sprogs-dogtersdivisie.
Byna 200 fietsryers het deelgeneem en organiseerders bedank graag hulle hoofborge, Miami Canners en BF Petroleum Groep vir hulle ondersteuning.

Bill Noel, naaswenner in die 70km mansafdeling in aksie.

Stanley Thompson het tydens die prysuitdeling gesê: “Ek het nie gedink daar is ‘n bergfietsuitdaging hier wat harder as die Akkedis is nie, maar dié roete is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button