Sport

Stoffel kraai koning in enkelspel-uitdaging

Tzaneen-rolbalklub het Saterdag en Sondag hulle gemengde enkelspel-uitdaging aangebied.

“In die uitdaging word daar ‘n trekking gedoen en speel mans en vroue enkelspel teen mekaar. Die wenner dring deur na die volgende ronde, vandaar is dit uitkloprondes tot die finale,” vertel Sarie Vermaak, woordvoerder vir die klub.
Sondag het Stoffel Vermaak en Jovani Katrakasas mekaar die stryd in die finale aangesê. In ‘n taai wedstryd het Stoffel die eerste vier rondes gewen om 6-0 voor te loop. Jovani het egter vinnig punte op die bord gesit en ses van die volgende agt rondes te wen om 11-9 voor te loop.

Also read: Die balle het weer mooi gerol by Die Eiland

Teen die 18de ronde was sake weer gelykop, 14 elk, tussen dié twee kranige rolbalspelers en het Stoffel in die 19de ronde vier punte opgetel om weer die voortou te neem met 18 punte teenoor 14.
Die balle het reg gerol vir Stoffel en hy het in die laaste twee rondes, 2 punte en 1 punt, onderskeidelik opgetel om die wedstryd met 21 punte teenoor 14 punte te beklink.

Stoffel sal binnekort deelneem aan die Kampioen van Kampioene-rolbaltoernooi en sal ook in Julie saam met spanmaat, Ally Morrison, die in finale van die Limpopo-rolbalkampioenskappe kragte meet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button