Wolkberg rolbaltoernooi ‘n reuse sukses
Duiwelskloof rolbalklub het hulle jaarlikse Wolkberg rolbaltoernooi op 25 en 26 Junie aangebied en meer as 112 spelers het deelgeneem.
Die Wolkberg toernooi is ‘n hoogtepunt op die Limpopo rolbalkalender en spelers van Tzaneen, Polokwane, Hoedspruit, Lydenburg, Witriver, Fochville, Rustenburg en Phalaborwa se klubs het die toernooi ondersteun.
Die reën en koue weer op die eerste dag se spel het gesorg vir uitdagende kondisies op die rolbalbaan.
Dit is egter die span van Duiwelskloof wat die eersteplek gevat het na hulle.
David Wiid, Ryner de Jagerm Hendrik van der Linden en Beate Altenroxel het seker gemaak hulle name word tot die Wolkberg skild bygevoeg as die 2022 wenners.
Francois Hanekom, Ally Morrison, Doug Reed en Sue Morrison het die tweedeprys gevat. Die span is ‘n gemengde span met spelers van Tzaneen en Duiwelskloof se klubs.

lees ook: Opwindende spel sorg vir groot genot by rolbalklub
Louw Swanepoel, Tinashe Madzodze, Uwe Sauer en Charles Meyer, het ook Duiwelskloof rolbalklub se naam hoog gehou en derdeplek verower.
In die plaatkompetisie het Coenie Venter, Lyn Lambert, Aggie Ascenco and Desré Brits van Polokwane met die louere weggestap.

Die organiseerders bedank graag die volgende borge vir hulle getroue ondersteuning: Trophy Toyota, Redsun Hortitech, Komati Fruit, Adams Café, Miami Canners, Allesbeste, ZZ2, Marana Liquor, Gravelotte Charcoal, OK Sugarstores, Eiland Spa, Spar Modjadjiskloof, Granor Passi, Tek Laser Art en Westfalia Fruit.
Spelers wat belangstel om by die Duiwelskloof rolbalklub aan te sluit kan Damien Stefaans op 076 424 2581 skakel vir meer besonderhede.



