Sport

Merensky se rugbyspanne wen harde finale om Limpopo-ligatrofeë te lig

Hoërskool Merensky beleef vanjaar ‘n besonder goeie rugbyseisoen en twee spanne het Saterdag op Plasiepark gesorg vir nuwe silwerware in die skool se trofeëkas.

Hoërskool Merensky se o.15-, o.16- en eersterugbyspanne, het uitgedraf vir die finale ligawedstryde in afdeling 2 van Limpopo Hoërskole Rugby.
Die atmosfeer op Plasiepark was elektries toe die o.14-spanne van Hoërskole Ben Viljoen en Ellisras die dag ingelei het. Die wedstryd was redelik gelykop, met Ben Viljoen se spelers wat ná die sirene deurgebreek het om die wedstryd met 13-8 te wen.
Daarna het die Plasies se o.15-span opgedraf teen Hoërskool Ellisras. Die wedstryd was spannend, en danksy JD Boshoff se vier suksesvolle strafskopppe kon die Plasies met ‘n eindtelling van 12-10 seëvierend van die veld stap. Boshoff het ook die speler van die wedstryd toekenning ontvang.

Die o.16’s se wedstryd, ook teen Hoërskool Ellisras, het gesorg vir aanskoulike hardlooprugby. Die telbord was aanvanklik in die guns van Hoërskool Merensky, maar die Rassies het verbete teruggeveg en die telling het wipplank gery.
Die Rassies het in die doodsnikke van die wedstryd punte aangeteken om die wedstryd met ‘n eindtelling van 37-36 te wen.
‘Kliphard!’ Dit is een woord wat die hoofwedstryd van die dag tussen die eerstespanne van Hoërskole Merensky en Frikkie Meyer kan opsom. Frikkie Meyer het vroeg in die wedstryd die eerste punte aangeteken met ‘n drie wat verdoel is.

Also read: Plasie-rugby wys hulle staal in Landbouskole-toernooi

Daarna het Plasieland se Neil van Vuuren met ‘n strafskop geslaag, maar moes ongelukkig die veld kort daarna verlaat met ‘n heupbesering. Reese Coetzee se skopskoen was gelukkig fyn ingestel en het met nog ‘n strafskop tussen die pale deurgestuur om die rustydtelling 6-7 te maak.
Na ‘n onverdoelde drie, was Frikkie Meyer voor met 12-6, en die spanning langs die veld het hoog geloop.
Vanaf die pawiljoene is die Plasie-manne luid aangemoedig, en het Nyakala Sethaba oorgeduik vir ‘n drie wat weer deur Coetzee verdoel is, om die telling op 13-12 te staan te bring.

Goeie hantering en nuwe begeestering het in die laaste minuut gesorg dat Clifford Ledwaba in die hoekie kon oorduik, met ‘n verdoelskop deur Coetzee om die wentelling van 20-12 in die blou sakkie toe te knoop. Agtsteman, Waldie Haasbroek is as die speler van die wedstryd aangewys.
Nog is dit het einde niet, en speel al vier Plasieland se A-spanne op 30 Julie op hulle tuisveld by Plasiepark in die Noordvaal-uitspele. Die o.14’s en o.16’s meet kragte teen hulle eweknieë van Hoërskool Randburg, terwyl die o.15A’s en eerstespan teen Leeuwenhof Akademie se spanne te staan sal kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button