Plaaslike swemmers vaar goed by galas
Limpopo Aquatics het die afgelope naweek die vyfde ouderdomsgroepgala aangebied by die munisipale swembad. Van Shamu Swemklub (SS) het Jany Norval in die dogters 10 jaar en jonger ouderdomsgoep eersteplek gevat in die 50m-vryslag en die 50m-vlinderslag.
Leah Stewart van Tzaneen Amateur Swemklub (TASK) het eersteplek gevat in die dogters o.11 200m-individuele wisselslag en 100m vlinderslag. Mari Bruwer van SS vat eersteplek in die dogters o.11 50m-vryslag en Ella Janse van Rensburg vat eersteplek in die o.12 50m vryslag, 50m-borsslag en die 50m-rugslag. Liné Brits (TASK) vat eersteplek in die dogters o.13 50m-vryslag en 50m-rugslag.
Joshua Bekker (SS) vat eersteplek in die seuns o.10 50m-vryslag, 100m-rugslag, 100m-vryslag en 50m-rugslag. Lira Lleyti (SS) vat eersteplek in die seuns o.11 50m-vryslag, 50m-borsslag, 50m-vlinderslag en ook in die 100m-vryslag. Jamie Venter (SS) vat eersteplek in die seuns o.12 50m-vryslag, 200m-rugslag, 50m-vlinderslag en 50m-borsslag. Wessel Joubert (SS) wen die seuns o.12 50m-vryslag, 400m-vryslag, 50m-vlinderslag, 100m-vryslag en 50m-rugslag.

Marnus Kruger (SS) wen die seuns ouer as 16 se 50m-vryslag en die 50m-rugslagitems. Elné Haynes (SS) wen die dogters o.15 200m-rugslag, 100m-rugslag, 100m-vryslag en 400m-vryslagitems. Simoné Schonken (TASK) wen die dogters o.14 100m-borsslag en 400m-borsslagitems. Luan Lubbe (TASK) wen die seuns tien jaar en jonger 100m-borsslagitem. Josh Kuisis van SS wen die seuns o.11 100m-borsslag, 200m-borsslag en 100m-rugslag. Wesley Dario van SS wen die seuns o.13 100m-borsslag en 200m-borsslag. Yulinke Haynes van TASK wen die dogters o.12 50m-vlinderslag. Miné Verster wen die dogters o.14 50m-vlinderslag.
Donia Smit (SS) wen die dogters 16 jaar en ouer 100m-vryslag en 100m-rugslag. Christiaan Janse van Vuuren wen die seuns o.13 100m rugslag en 100m vlinderslag. Lara van Veelen van TASK wen die 200m-borsslag in die dogters o.10- ouderdomsgroep. Miané van Veelen (TASK) wen die dogters o.11 200m borsslag en 50m-borsslag. Yvonne Botha van SS het eersteplek gevat in dei dogters 16-jaar en ouer ouderdomsgroep se 200m-borsslag item en ook in die 50m-rugslag. Jason Loucao van SS vat eersteplek in die seuns 16 jaar en ouer 200m-borsslag.
Lees ook: Swemmers presteer by top tien-skoleswemgala
Mia Bruwer (SS) vat eersteplek in haar 100m-vryslag en 50m-rugslagitems. Ethan Schmidt (SS) wen die 100m-vryslag in sy ouderdomsgroep en Ruan HanaczeckKruger wen die 100m-vryslag in sy ouderdomsgroep. Danielle le Roux (SS) wen die 50m-vryslag in haar ouderdomsgroep. Chris Grobler van TASK wen sy 50m-rugslagitem en Theunis Botha (SS) wen sy 50m-rugslagitem. Carmé Louw van TASK vat eersteplek in die 50m-borsslag en Layh Mahomed (SS) vat eersteplek in die dogters o.14 50m-borsslag.
Mignon Smit (SS) vat eersteplek in die 100m vlinderslag in haar ouderdomsgroep. George Taylor (SS) vat eersteplek in die seuns o.11 100m-vlinderslag en Cristiaan Janse van Vuuren (SS) wen die seuns o.13 100m-vlinderslag. Faanru Bothma (SS) wen die seuns 16 jaar en ouer ouderdomsgroep se 100m-vlinderslagitem. Jenny Zhang vat eersteplek in die dogters 16 jaar en ouer 50m-borsslag, 50m-vlinderslag, 100m-vryslag en 50m-vryslag.



