Balle rol in Meerkat-toernooi
Die toernooi wat by die Hoedspruit Rolbalklub se bane by die lugmagbasis aangebied word, spog met R15 000 in pryse wat op die spel is.
LIMPOPO – Sestien spanne van regoor die land sal Saterdag en Sondag sake tydens die jaarlikse Meerkat-rolbaltoernooi uitspook.
Volgens Annelie Janse van Rensburg is daar nog ‘n paar plekke oop vir spanne wat laat wil inskryf.
Sy sê die spanne kom van sover as Pretoria, Nelspruit, Polokwane en Tzaneen.
Die toernooi wat by die Hoedspruit Rolbalklub se bane by die lugmagbasis aangebied word, spog met R15 000 in pryse wat op die spel is.
Volgens haar sal die wenners bepaal word oor nege wedstryde wat oor die twee dae gespeel word. Wedstryde vind vanaf 08:00 Saterdag 26 Oktober en Sondag 27 Oktober plaas. Die wedstryde is in ‘n pro-10-formaat met spelers wat 10 punte per pot in 10 stelle aanteken.
Inskrywing is R1 500 per span van drie en sluit ontbyt en middagete op Saterdag en Sondag in, en ‘n aandete op Saterdagaand.
Van Rensburg het Miami Canners bedank vir hul borgskap tydens die toernooi.
Kontak Janse van Rensburg by 082 591 4317 vir inskrywings of meer inligting.



