Sport

Rugby-glorie op Letaba Park

Die Oumanne van Letaba Rugbyklub het Saterdag op Letaba Park goeie gees van rugby tussen die jongmanne ten toon gestel.

TZANEEN – Letaba Rugbyklub se Oumanne en Jongmanne het mekaar Saterdagaand op Letaba Park die stryd aangesê.

Dié hoogtepunt op die plaaslike rugbykalender vind jaarliks na die afloop van die seisoen plaas en stel die gees van rugby ten toon.

Seuns van plaaslike laerskole het Saterdag ook gesorg dat die drieë onder die pale gereën het tydens ‘n sewestoernooi.

Altesaam 17 seweswedstryde is gespeel met o/11- en o/13-spanne van Laerskool Duiwelskloof, Laerskool Tzaneen, Unity Primêre Skool, CVO en Laerskool Phalaborwa-Noord wat mekaar die stryd aangesê het. Die Witspan en Blouspan van Merensky Landbou Akademie het ‘n opwarmingswedstryd gespeel voor die Jongmanne die veld aan die brand teen die Oumanne gespeel het.

Die Oumanne het eerste punte aangeteken, maar in die tweede helfte het die Jongmanne se spoed en fiksheid gesorg vir ‘n oortuigende 65-22 oorwinning.

Carel O’Neill lig Saterdagaand die trofee vir die Jongmanne na ‘n opwindende wedstryd teen die Oumanne.

Vir die Jongmanne het Nathan van den Heever en Du Toit Hartzenberg elkeen twee drieë gedruk. Bernhardt van der Schyff, Brendon Kruger, Juan Pretorius, Arno van Heerden, Sidwell Kubayi en Jandré Botha het ook elkeen ‘n drie gedruk. Die Jongmanne se kaptein, Carel O’Neill het met sewe doelskoppe geslaag.

Pa en seun, Willem Botha (snr. en jnr.) het teen mekaar vir die Oumanne en Jongmanne onderskeidelik uitgedraf. “Dit is ‘n voorreg wat nie elke pa en seun het nie. Dankie aan Letaba Rugbyklub wat dit moontlik gemaak het,” het Willem snr na afloop van die wedstryd gesê.

Die organiseerders het CPL Boerdery, Bathopele Test Station, Dux Agri, Pretorius Chippers, AD Agri, QH Logistics, Loggingheads, Cannabliss Smoke Studio, Stasie Pub & Grill, Hi-Q Tzaneen, Trophy Tyres Tzaneen, Afri Canvas en No Lies Polygraphs vir hul borgskappe bedank.

Die klub bied Saterdag hulle jaareindfunksie en algemene jaarvergadering aan. Die aand se verrigtinge sluit ‘n toespraak deur oud-Springbok Chilliboy Ralepelle in en kaartjies is by Jolene van der Schyff by 083 457 1422 of by Marieta van Wyk by 076 450 4449 beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button