Phalaborwa-hengelaars maak lyne nat
Die NSCL kleinboot hengel liga skop af op Tzanenedam met 31 hengelaars wat 100 grootbek baars inkatrol.
LIMPOPO – Die NSCL-kleinvaarthengelliga se nuwe seisoen het verlede Saterdag met ‘n kompetisie op die Tzaneendam afgeskop.
Altesaam 31 hengelaars het 100 grootbekbaars uitgetrek. André Rossouw het ‘n sak van vyf visse ingedien wat altesaam 200.5cm lank was om die eerste kompetisie van die liga te wen.
Johan Bezuidenhout is in die tweede plek met 191.5cm en Derick de Bruyn is in die derde plek met 184.5cm.
Logan van Zyl vat die vierde plek met 175.5cm met Clinton Ferreira is in die vyfde plek. Gerhard Oosthuizen en Jake McKee deel die sesde plek.
Adriaan Joubert is in die agste plek, Ryan Wigginton in die negende plek en Jacques Louw is in die 10de plek.
Bezuidenhout het die grootste vis vir die dag (58cm) uitgetrek en Rossouw het ‘n 54.5cm bielie in sy vangs gehad.

Twee vroue, Tanya Nel en Nicola Joubert, was ook in aksie.
Junior hengelaars, Tian Erwee en Righard Fuls, het ook die viswaters getoets. Erwee vat die 15de plek en Fuls is in die 19de plek.
Kontak die organiseerder, Derick de Bruyn by 083 605 5612 om by dié hengelliga aan te sluit.



