Local sportSport

TZANEEN: Gholfers pak ‘Revenge’ so braai-braai aan

Met 'n braaier gemonteer voor aan ‘n gholfkarretjie, ‘n baan vol hindernisse, setperke sonder putjies en lekker gees onder plaaslike gholfers.

Dit is hoe die jaarlikse ‘Greenkeepers Revenge’ in die spreekwoordelike gholfsak opgesom kan word.

Die uitdaging is die afgelope naweek aangebied te Tzaneen Gholf Klub (LCC). 61 Geesdriftige gholfspelers het die gholfuitdaging van die baaninstandhoudingsbeampte, HJ van Jaarsveld met albei hande, gholfstok en -bal aangegryp met verskeie hindernisse wat onverwags op die baan vir die spelers gewag het.

Dewalt van der Walt in aksie.

Die gholfspelers het die spel en uitdaging aangedurf en moes deur die loop van die dag verrassend agterkom dat sommige setperke geen putjie gehad het nie.

Indien ‘n speler sy naam op een van die naaste aan die pen bordjie sou skryf, was ‘n boete aan die orde van die dag.

Lees: GALLERY: Chris Muller Gholfdag trek vol veld

Daar is ook met die telkaarte gepeuter deur die geheimsinnige Van Jaarsveld, wat die aantal sethoue verander het by verskeie putjies. Putjie nommer 6 was dan ook ‘n oase met yskoue verversings, maar (on)gelukkig net vir die caddies.

Kylie van Jaarsveld en Connor Atherstone geniet die dag.

Die gholfkarretjie van Willie McCallaghan en Van Jaarsveld was die middelpunt van bespreking en het baie aandag geniet.

‘n Braaier is gemonteer voor aan die gholfkarretjie en daar is ‘n vleisie oor die kole gebraai by putjies nommer 9 en 18. Hulle was ook slaggereed met ‘n noodhulpkissie aan boord.

Lees: Jaarlikse gholf in herinnering aan Chris Muller terdeë geniet

Die gelukkige trekking wenners was as volg: Megan Bissett, Zander du Toit, Biebie Warren Olive Evens, Andrew Mafa, Richard Mathebula, Daniel Conradie en Shaun Conradie. Die dag was uiters suksesvol en is terdeë deur almal geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button