Local sportSport
Rodulf stap weg met eersteplek
Rudolf Sonnekus het te Bapsfontein aan die GXCC ronde 3 deelgeneem en weggestap met die 1ste plek in die OR 2 PRO-AM klas.

Daar is vier rondtes gedoen van 53km ‘n rondte. Sonnekus het sy beste tyd van 40min per rondte aangeteken tydens die byeenkoms.

Die volgende byeenkoms sal plaasvind in Leahu/Settlers op 14 Julie.

Hy wil graag die volgende borge bedank: Swannies Racing, TVR Panelbeaters, Infinity Trucking, Midas Tzaneen en JWS Feul and Services en Sukuma Free Market.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



