Local sportSport

Letaba verloor 34-5 teen Northam

Letaba Rugbyklub het Saterdag, 19 mei die gewigtige taak gehad om die verdedigende kampioene en voorlopers in die liga, Northam, in modderige, nat toestande aan te vat en hoewel die tuisspan moedig probeer, het was Northam op die dag beter in al die kragmetings.

Letaba Rugbyklub het Saterdag, 19 mei die gewigtige taak gehad om die verdedigende kampioene en voorlopers in die liga, Northam, in modderige, nat toestande aan te vat en hoewel die tuisspan moedig probeer, het was Northam op die dag beter in al die kragmetings.

Rustyd was Letaba se eerstespan nog sterk in die prentjie en hoewel Northam met 13-0 voorgeloop het, het die eerste 40 minute baie gelykop verloop en kon die telling maklik in Letaba se guns geswaai het. ‘n Gebrek aan dissipline in die tweede helfte het die Groentruie egter duur te staan gekom.

Een rooikaart en twee geelkaarte vir die tuisspan het die wedstryd op ‘n skinkbord aan die besoekers oorhandig en die eindtelling van 34-5 in Northam se guns vertel ‘n storie van hoe die kampioene oor ‘n verswakte span beheer geneem het.

Letaba se tweedespan het die soveelste puik vertoning van die seisoen gelewer en aanvallende, aanskoulike rugby gespeel met effektiewe dryfmaal bewegings wat die besoekers beslis ‘n baie harder wedstryd gegee het as wat hulle verwag het.

Uiteindelik wen Northam naelskraap met 19-17, maar Letaba se naasbestes het met baie eer uit die stryd getree en met ‘n bietjie geluk kon hulle as oorwinnaars van die veld gestap het. Letaba se derdespan het met 28-12 verloor in ‘n wedsrryd wat ‘n goeie voorgereg was oir die goeie rutgby wat later die middag gespeel is.

Na die wedstryd het Northam se bestuurspan erken dat aldrie kragmetings baie moeiliker was as wat hulle verwag het en as Letaba sy dissipline opknap, bietjie minder foute began en belowende bewegings afrond kan hulle gewis later die seisoen die kampioene verras.

Namens Letaba het Bennie Kruger, voorsitter, al die toeskouers bedank wat ondanks die trietsige toestande die Groentruie kom ondersteun het. “Sonder julle is daar nie ‘n klub nie”, het Kruger gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button