Editor's choiceLocal sportSport

Tzaneen gimnaste presteer ritmies artisties

Twee mini trampoline gimnaste van Zani's gimnastiek het Limpopo-kleure verwerf waar hulle gekwalifiseer het om tydens die ‘SA Gym Games’ deel te neem die afgelope Oktober.

Hier het hulle ook aan die streek 5 proewe deelgeneem om in aanmerking te kom vir Nasionale SAGF kleure.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van Zanis Gimnastiek Akademie van Tzaneen waar die klub twee Nasionale gimnaste het wat gekwalifiseer het. Hulle het die afgelope naweek deelgeneem en Amber-Leigh Mills het algeheel 1ste op die podium geeindig en Wihan van Eeden algeheel 2de.

Die gimnaste het by die AUSC (African Union Sports Council) Streek 5 gimnastiek kompetisie vir 2018 Suid-Afrika verteenwoordig. Daar was dissiplines soos Ritmies, Artisties vir seuns en meisies, Aerobiese gimnastiek en trampoline. Deelnemende lande was Angola, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Eswatini en Zimbabwe.

Wihan is ‘n kranige artistiese gimnas en het ook Limpopo kleure verwerf in Vlak 5 en Amber-Leigh is ‘n kranige ritmiese gimnas wat ook Limpopo kleure verwerf het in vlak 4 vir ritmiese gimnastiek. Afrigters, Willem de Bruyn en Elmarie Bronkhorst was altwee nou betrokke by die ontwikkeling en voorbereiding van hierdie twee gimnaste. Wihan is in gr 5 en ‘n leerder van Laerskool Tzaneen en is al agt jaar deel van die klub.

Wian in aksie

Wihan oefen 5 ure per week.

“Ons afrigters maak dit so lekker vir ons en hulle help met alles waarmee ons sukkel,” vertel Wian. Volgens hom het hy die afgelope naweek soos ‘n ware gimnas gevoel toe hy as algeheel 2de gekroon is. “Die wen beteken vir my baie want ek besef dat daar baie min kinders is wat soos ek kan presteer,” vertel hy nederig.

Maar die jongman hang nie net rond in die gimnastieksaal nie, en is ‘n kranige sportman op vele terreine. “Ek doen rugby, atletiek, hokkie, krieket en hou daarvan om oor die ruimte te leer en om klippe te versamel,” vertel hy.

En Wian het groot drome.

“Ek wil eendag vir NASA werk en help om meer sterre en planete te ontdek,” vertel ons eie klein Armstrong met sterre in sy oë. Maar een van sy grootste drome is natuurlik om eendag aan die Olimpiese Spele te gaan deelneem. ‘Ek wil vir die wereld wys wat SA kan doen met gimnastiek,” vertel hy vasbeslote. Vir die jongspan wat leeg lê, moedig hy almal aan om aan gimnastiek deel te neem.

“Jy kan goed presteeer met gimnastiek en dit is ‘n baie lekker sport om te doen.” En met Kersfees om die draai het hy een wens vir Suid Afrika. “Dat elke kind tyd saam met hulle familie kan spandeer en net voel dat God en Jesus hulle lief het,” is die jongman se wens.

Amber is ook ‘n kranige Larrie en is tans in gr 7 en is al ses ‘jaar ‘n gimnas en al 2 jaar verbonde aan Zani’s.

Amber in aksie.

Sy spandeer ses ure per week in die oefenlokaal. “Gimnastiek is my passie. Eat, sleep, gymnasticks and I repeat,” vertel sy tong in die kies. Vir haar was die wen onwerklik. “Dit was so onwerklik, en dit het ‘n rukkie geneem om in te sink. Maar die wen is vir my ‘n groot eer en ek dank my twee amazing afrigters en God vir die prestasie,” vertel sy. As Amber nie oefen nie, vertel sy dat sy graag na musiek luister en haar huiswerk doen.

Haar toekomsdrome kom ook as geen verrassing nie, en sy sal graag eendag ‘n gimnastiek afrigter wil word, en natuurlik kan sy nie wag om eendag aan die OlimpieseSpele deel te neem, as die geleentheid opduik nie. Haar boodskap aan jongmense in Tzaneen is om jou passie uit te leef en altyd net jou beste te gee.

Haar wens in die kerskous vir SA is dat elke kind hulle drome sal uitleef.

Wihan en Amber, Tzaneen steek ‘n veer in julle gimnasuitsrustings en wens dat al julle drome waar word. Met ‘n ekstra huppel in elke ritmiese beweging.

Welgedaan!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button