Local sportSport

Letaba loop rieme styf, dalk verhang hulle bordjies vandag

Letaba kom vandag, Saterdag 6 April in Drakensig op Hoedspruit in die nie-amptelike hoofwedtryd teen die gashere, die Hoedspruit Pumbas, te staan.

Letaba Rugbyklub se eerstespan het verlede Saterdag hier sy rieme styf geloop in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Louis Trichardt – een van die spanne wat hy binnekort in die amptelike liga die stryd moet aansê.

Louis Trichardt het die naelbyter met 22-21 gewen en die uitslag kon baie maklik anders gewees het.

Vir die soveelste wedstryd na mekaar vanjaar moet Letaba se spelers hand in eie boesem steek met die besef dat beter afronding en ondersteuning maklik op ‘n oorwinning kon uitloop. Met soveel talent in die agterlyn en ‘n baie gewillige agttal is daar genoeg geleenthede vir Letaba om drieë te druk.

Ongelukkig loop ‘n groot persentasie bewegings skipbreuk weens oorhaastigheid of gebrekkige hantering.

Dit kan nog reggestel word voor die liga begin en die manne behoort mekaar nou reeds beter te verstaan as wat hul vertonings weerspieël.

Die tweedespan, in teenstelling met hul seniors, het ‘n puik vertoning gelewer en Louis Ttichardt ‘n deeglike pak slae gegee en met 31-0 gewen.

Die derdespan het Nkowankowa met 35-5 verslaan. Louis Trichardt het hierheen gereis nadat Witrvier kop uitgetrek het.

Letaba kom vandag, Saterdag 6 April in Drakensig op Hoedspruit in die nie-amptelike hoofwedtryd teen die gashere, die Hoedspruit Pumbas, te staan.

Die Pumbas vier die naweek hul 75ste bestaansjaar en die wedtsryd vorm deel van ‘n program vol rugby vir die hele dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button