Local sportSport

Twee oseane in ‘n japtrap kaf gedraf

Oud-plasie, Anri McLean (18) het die Two Oceans Marathon onlangs aangepak.

Om twee oseane te verower in 1 uur en 41 minute wil gedoen wees.

Nou droom sy van die Comrades.

Oor die eindstreep.

Oud-plasie, Anri McLean (18) en deesdae student aan Tuks in BSc Biologiese Wetenskappe, droom ook om eendag ‘n veearts te word.

Maar wat het haar motiveer om die Two Oceans Marathon aan te pak.

In die bondel oppad na die eindstreep.

McLeran het aan die LETABA HERALD vertel dat sy nog altyd ‘n liefde gehad het vir hardloop, veral ver afstande.

En dit kom dan ook as geen verrassing wanneer sy vertel wat een van haar grootse drome is nie.

Lees: Daniels love story with Two Oceans Marathon

Sy wil eendag aan die Comrades Marathon deelneem.

“Ek het ingeskryf vir die Two Oceans Half-marathon, as ‘n doelwit vir die jaar, iets om voor te werk en so het dit my gemotiveer om elke tydjie wat ek afgehad het, te gaan hardloop,” vertel sy.

Anri het 4de ge- eindig in die junior vroue kategorie in ‘n tyd van 1:41:44.

“Ek kon dit eers nie glo nie, want ek droom nou al so lank om aan so ‘n groot wedloop deel te neem. Ek gee alle eer aan die Here wat my deur daardie reis gehelp het,” vertel sy trots.

McLean vertel dat sy in 2010 begin oefen het by Phillip Entres.

“Daar het my liefde vir hardloop begin. Ek het landloop en atletiek gedoen op skool, maar ek het nou aangeskyf na verder afstande wat ‘n groter uitdaging is,” vertel die jong atleet.

Haar inspirasie kom van Bo.

“Die feit dat God my geseën het om te kan hardloop maak my elke dag dankbaar vir wat ek het en inspireer my om te hardloop, asook groot atlete soos Gerda Steyn wat die Two Oceans Ultra gewen het. Sy is een van my groot inspirasies om aan te hou oefen en te strewe na my drome, ” sê sy.

McLean vertel dat, indien iemand dit sou oorweeg om die Two Oceans aan te pak daar geen twyfel moet onstaan nie.

“Dit is deur en deur die moeite werd. Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel. Daardie aansporing van die ondersteuners langs die pad van die begin tot die einde, gee jou die motivering om net aan te hou,” motiveer sy.

Anri, Tzaneen hou jou dop.

Die Comrades wag!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button