Local sportSport

Die balle het weer mooi gerol by Die Eiland

Saterdae rol die balle by die Eiland wanneer die ATKV Eiland Rolbalklub hulle borgdae aanbied.

Die rolbalspelers het vir n paar ure geswoeg en sweet op die rolbalbaan op 11 Mei en die wenners is daarna aangenaam verras met kontant pryse verskaf deur Houers Kooperasie Letsitele.

‘Houers is bekend vir hulle sitrus-, groente- en eierskartonne en spog met ‘n verspreidingsnetwerk wat strek tot in die Kaap. Selfs ons buurlande maak gebruik van die hoë gehalte en groot verskeidenheid kartonne wat vervaardig word.

Die bestuur van die klub wil hulle graag bedank vir hulle getroue ondersteuning. Naas Gouws, President van die ATKV Rolbalklub, het die pryse oorhandig, namens die borg.

Die borgdag uitslae was as volg: 1ste plek: Willie Roos, Arthur Cumpsty, Jannie Brits en Wilna Fallows. 2de plek: Ken Cutler, Nols Schoeman, Nols Malan en Linda Pieters. 3de plek: Hennie Stander, Vincent Van Tonder, Marie Gouws en Karen Kruger.

Eiland Spa vakansiegangers kon ook deur die week hulle kragte saamspan in ‘n rondomtalie gemengde vierspel wedstryd. Die finale wat Vrydagmiddag plaasgevind het, het heelwat opwinding opgelewer met die twee spanne wat mekaar heeltyd op gelyke punte gekry het. Daar kan net een wenspan wees en was hulle goed toegejuig deur die getroue skare. Spelbestuurder Tulli De Beer het die wenbeker, asook kontantpryse aan die drie top spanne oorhandig.

Vakansie Vierspel Uitslae was as volg: 1ste plek:Callie Prigge, August Bohmer, Marius Steyn en Karen Kruger. 2de plek: Rudolph Gotze, Naas Gouws, Marie Gouws en Sarie Wetherilt. 3de plek: Andre Botha, Dawie Cronje, Johan Von Backstrom en Kleintjie Knoetze.

Foto: Bertus de Bruyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button