Local sportSport

Roode draf 100-myl kaf

Plaaslike ultra-atleet, Leon Roode, het die afgelope naweek die Ultra Trail Cape Town 100 myl-veldwedloop aangepak en ‘n algeheel tiende plek behaal.

Die wedloop het op die Kaape Skiereiland plaasgevind en altesaam 79 atlete het die wedloop voltooi. “Die roete is beeldskoon, tegnies en baie intens, veral met die oppervlak van die roete. Dit was ook ‘n harde klim en dit was baie warm gewees teen die tyd wat ek by Chapman’s Peak was,” sê Roode. Roode het egter Saterdag op die roete naby Kommetjie ‘n terugslag ervaar toe drie jong mans hom van sy sak met sy veldwedlooptoerusting, selfoon, horlosie en trouring beroof het. “Dit het baie vinnig gebeur en meer as R45 000 se goed is gesteel.

Ek het nie dat dit my onderkry nie en by die volgende aanmeldpunt het iemand my uitgehelp met ‘n sak met hulpmiddels en water vir die res van die roete,” vertel hy. Vanaf die 119km-merk by Noordhoek het Roode goed gevaar om van die algehele 16ste plek na die tiende plek te klim om die 165.07kmroete in 30:38:43 te voltooi. Roode het ook onlangs ‘n 100 myl-roete aan die voet van die Drakensberge verken en voltooi na hy vir die afgelope drie jaar dit sy oogmerk gemaak het.

Lees ook: Gabbi placed first in South Africa

Die roete strek van die J.G. Strijdomtonnel in die Abel Erasmuspas tot by die Iron Crown en terug na Haenertsburg. Roode het die roete sedert 2020 in drie dele verken en het dit op die rantlyn gedraf. Hy het eerste die roete van Lekgalameetse na Haenertsburg afgelê. “Dit is die moeilikste en mees afgeleë,” verduidelik hy. Daarna het hy die 42kmgedeelte van die Abel Erasmuspas tot by Sekororo afgelê in sowat elf ure. Die laaste gedeelte wat die twee roetes bymekaar bring het hy in September aangepak.

Die 48km-gedeelte strek van Sekororo tot by die Orrie Baragwanathpas naby Trichardtsdal, die klim is sowat 3500m en hy het dit in 10 ure 20 minute afgelê. “Die uitdaging is eerstens om die roete te beplan en die weersomstandighede siende dat sekere dele op die roete gevaarlik kan wees, veral in swaar reën en wanneer sigbaarheid verminder,” sê Roode. “As jy eers op die berg is, is daar nie baie geleenthede of roetes om weer af te gaan nie, ‘n mens moet die hele gedeelte voltooi, watergebruik beplan en taamlik fiks wees,” verduidelik hy.

Lees ook: Slimmes trek by Plasies saam vir Tritech

Roode maak seker van sy veiligheid wanneer hy hardloop. Hy maak seker dat hy redelike selfoonsein het en dat daar ‘n bystandhelikopter is wat kan hulp ontbied in noodgevalle. Hy is ook deel van veldreddingsgroepe. “Dit is verskriklik mooi op die rantlyn met Hoëveldplantegroei en voëllewe. Ek het gesien hoe beeste en sebras saam wei en daar is ook historiese plekke op die roete. Ek glo plaaslike toerisme kan hierby baat,” sê hy. Roode sê dat die roete verg sowat agt dae se harde stap en sal oor 160km strek. Skakel hom op 083 345 3171 vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button