Local sportSport

Hengelaars kan dié datums op hul visvangkalender aanbring

Hengelaars op Tzaneen sal nie te ver hoef te ry vir twee groot hengelkompetisies wat in Februarie en Maart op die Klaseriedam aangebied word nie.

Die Hoedspruit Diepsee Hengelklub bied op 9 en 10 Februarie hulle gewilde Swerwers-hengelkompetisie op dié dam aan. Die multispesiekompetisie is oop vir alle ouderdomme en fokus veral op die jeug en poog om hengel as ‘n sport te bevorder. Daar is oudergewoonte groot pryse op die spel, ‘n biertent, kindervermaak en ‘n kunstenaar sal optree by die prysuitdelingsfunksie.

Kaartjies is by Abdool se Winkel, Build It en Totalvulstasie op Hoedspruit beskikbaar. Skakel Johann Meintjies op 071 676 3047 of Matts Blom op 079 829 2139 vir meer besonderhede. Van 8 tot 10 Maart kan hengelaars ook vir drie dae lyn in die Klaseriedam natmaak vir ‘n goeie doel.

Lees ook: So vat mense hande in Hoedspruit teen misdaad

Dié hengelkompetisie teiken karp-, baars- en baberspesies en word ten bate van Scales Pangolin Conservation Fund en Hoedspruit Paws aangebied. Spaar op inskryffooie deur aanlyn op www.scales.org. za/events voor 1 Maart te registreer. Hengelaars kan die hele naweek of slegs op die Saterdag deelneem.

Hekfooie is nie ingesluit by die kompetisie se inskryffooie nie. Die kompetisie skop om 15:00 op Vrydag, 8 Maart af en die prysuitdeling sal op Sondag, 10 Maart van 11:00 tot 12:00 plaasvind.  Pryse vir die grootste baars, grootste karp, grootste baber en die meeste vis sal vir volwassenes en kinders op die spel wees. Skakel Amy Aucamp-Clark op 078 993 5678.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button