Local sport

Letaba eerstes wen met 50 punte

Letaba Rugbyklub se eerste - en tweedespan het Saterdag na Musina gereis vir ligawedstryde in die Blou Bulle Rugbyunie se Noordstreekkompetisie.

Die manne van Letaba se eerstespan het gesorg vir ‘n 50 puntoorwinning. “Binne die eerste paar minute was ons 12-0 voor en teen halftyd het Letaba 26-12 voorgeloop. Die eerstespan se pak voorspelers het ‘n briljante wedstryd gespeel en die agterlyn het hulself ook goed van hul taak gekwyt,” sê Dippies de Beer van Letaba Rugbyklub se afrigtingspan. Volgens De Beer het die plaasvervangerbank ook ‘n goeie wedstryd gehad en het hulle gesorg dat die druk op Musina 1 bly.

Die manne in groen en geel het die wedstryd met 67-17 op die telbord beklink. Nathan van den Heever het vier keer agter die doellyn gaan kuier en Bernardt van der Schyff het twee drieë gedruk. Carel O’Neill, Brad Altona, Rudi Grobler, Du Toit Hartzenberg, Giepie Labuschagne het elk ‘n drie vir Letaba gedruk. Heelagter, O’Neill, slaag met ses doelskoppe. Musina se tweedespan was te sterk vir die manne van Letaba. Musina wen die wedstryd met 22-3.

Lees ook: Letaba se tweedes speel lekker rugby

Tzaneen se rugbyondersteuners kan uitsien na wedstryde op eie bodem die naweek met Letaba se tweedespan wat Saterdag teen Nkowankowa se eerstespan sal uitdraf in die reserweliga van die Blou Bulle Rugbyunie se Noordstreek-kompetisie. Dan het Letaba Rugbyklub ‘n derdespan bymekaar gekry vir ‘n vriendskaplike wedstryd teen Nkowankowa se tweedespan. Die span is ‘n mengsel van jong en ou manne en so paar pa-en-seunkombinasies.

Die twee wedstryde sal beloof groot vermaak in hierdie plaaslike derby. Die eerste wedstryd begin om 15:00 by Letaba Se velde. Die eerstespan en tweedespan sal op 1 Junie weer in aksie wees in ligawedstryde teen die spanne van Louis Trichardt Rugbyklub. “Die eerstespan fokus nou op die wedstryd teen Louis Trichardt. Hulle is ligawenners en sterk kompetisie,” sê De Beer. Om saam met die spelers van Letaba Rugbyklub te oefen of om by die klub aan te sluit, skakel die voorsitter, Bennie Kruger by 083 635 1731 of Dippies de Beer by 078 538 3508.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button