Local sport

Letaba se tweedes speel lekker rugby

Letaba-rugbyklub se tweede span het Saterdag teen die eerste span van die Universiteit van Limpopo in die Blou Bulle-rugbyunie se Noordstreekliga 2 uitgedraf.

Die twee spanne het op Tzaneen op Letaba se tuisveld kragte gemeet en die manne van Letaba het goed gedoen om die wedstryd oortuigend te wen met 24-7 as eindtelling. Dit is dié manne in groen en geel se eerste oorwinning in die liga. Volgens Dippies de Beer van Letaba-rugbyklub se afrigtingspan, het die pak voorspelers vroeg in die wedstryd reeds hulle stempel afgedruk.

“Die pak voorspelers het gedomineer en Gideon Joubert, wat sy debuut vir Letaba 2 gemaak het op losskakel vir die tweede span het goed gevaar,” sê De Beer. Teen halftyd het Letaba 12-0 voorgeloop. Rudi von Abo het ‘n uitstekende wedstryd gespeel en het gesorg vir twee van Letaba 2 se drieë. Nathan van den Heever druk ook twee drieë en slaag met twee doelskoppe.

Lees ook: Letaba gereed vir liga: Letaba kuier sewe keer agter die doellyn teen Musina

Dirk Coetzee is as die speler van die wedstryd aangewys. Letaba se eerste – en tweede span sal Saterdag teen Messina-rugbyklub se spanne wegwedstryde speel by Hoërskool Eric Louw se velde. Daarna sal die tweede span op 18 Mei teen Nkowankowa-rugbyklub speel in ‘n Tzaneen-derby. Albei Letaba se spanne sal weer op 1 Junie op Tzaneen in tuiswedstryde in aksie wees teen die spanne van Louis Trichardtrugbyklub.

Die dag se wedstryde beloof om goeie plattelandse klubrugby ten toon te stel. Daar is reeds spelers van Phalaborwa wat by Letabarugbyklub oefen weekliks. Om saam met die spelers van Letabarugbyklub te oefen of om aan te sluit by die klub skakel die voorsitter, Bennie Kruger by 083 635 1731 of Dippies de Beer by 078 538 3508.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button