Local sport

Merensky hokkiespanne oorheers Limpopo Grootskole-uitspele

’n Sterk kollektiewe vertoning het Merensky Landbou Akademie se hokkieprogram op provinsiale vlak laat uitblink.

TZANEEN – Merensky Landbou Akademie se hokkiespanne het op 19 en 20 Junie uitstekende vertonings gelewer tydens die Limpopo Grootskole-liga-uitspele en ses van die skool se agt spanne is as provinsiale kampioene gekroon.

Meisiespanne stel die toon met dominante vroeë vertonings

Die o/14A-meisiespan het hul semifinaal teen Hoërskool Ben Viljoen met 2–0 gewen voordat hulle in die eindstryd vir Hoërskool Pietersburg met 1–0 geklop het om as wenners van die Limpopo Grootskole-hokkieliga gekroon te word.

Merensky o/14A meisies.

Merensky se o/15A-span was ewe indrukwekkend. Hulle het Hoërskool Frikkie Meyer met 4–0 in die semifinaal verslaan en daarna vir PHS met 3–2 in die finaal geklop om die liga-titel in hul ouderdomsgroep te verower.

Merensky o/15A meisies.

Die o/16A-span het hul plek in die finaal bespreek met ‘n 3–0-oorwinning oor Stanford Lake College (SLC), maar moes uiteindelik die knie buig teen PHS. Hulle het egter steeds ‘n verdienstelike tweede plek behaal.

Merensky o/16A meisies.

Merensky se tweede span het ook hul stempel afgedruk deur Frikkie Meyer met 2–0 in die semifinaal te klop en dieselfde telling teen PHS in die eindstryd te herhaal om as liga-kampioene gekroon te word.

Merensky tweede meisiespan.

Die eerste span het die naweek op ‘n hoë noot afgesluit. Nadat hulle Ben Viljoen met 2–1 in die semifinaal verslaan het, het hulle in ‘n spannende finaal vir PHS met 4–3 ná ‘n “8 seconds” geklop om die Limpopo Grootskole-ligatitel in te palm.

Merensky eerste meisiespan.

Dié sukses beteken dat Merensky se o/14A-, o/15A- en eerste meisiespanne deurgedring het na die Noordvaal Groot A-uitspele wat van 7 tot 10 Augustus plaasvind, terwyl die o/16A-span aan die Noordvaal Groot B-uitspele van 13 tot 16 Augustus gaan deelneem.

Seunsspanne bou voort op sterk provinsiale vertoning

Die o/14A-seunspan het ‘n uitstekende uitspeeltoernooi beleef. Hulle het in die semifinaal vir Hoërskool Louis Trichardt met 3–2 ná ‘n uitspeelrondte (“8 seconds”) geklop voordat hulle in die eindstryd vir PHS met 5–0 oorrompel het om as wenners van die Limpopo Grootskole-hokkieliga gekroon te word.

Merensky se o/16A-seuns het ook hul klas gewys. Ná ‘n oortuigende 6–0-oorwinning oor SLC in die semifinaal het hulle in die finaal met 3–2 teen PHS geseëvier om die Limpopo Grootskole-ligatitel te verower.

Merensky o/16A seuns.

Die eerste seunspan het hul plek in die eindstryd bespreek met ‘n 4-1 oorwinning oor SLC in die semifinaal. In die finaal teen PHS het die span alles gegee, maar moes uiteindelik met 2–1 die knie buig.

Merensky eerste seunspan.

Die span sluit die seisoen af as naaswenners van die Limpopo Grootskole-hokkieliga.

Merensky se o/14A- en o/16A-seunspanne het hiermee deurgedring na die Noordvaal Groot A-uitspele, en die eerste span het deurgedring na Noordvaal Groot B-uitspele, wat albei van 29 Julie tot 1 Augustus gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button