School sportSport

Nasionale kleure vir Merensky skuts

'n Halwe-dosyn skuts van Merensky Boogskietklub het die naweek van 15 en 16 Julie aan twee afsonderlike byeenkomste deelgeneem.

Armand Wiers het op Saterdag, 15 Julie aan die Gauteng ABO 3D Kampioenskap te Magnum Archery, Pretoria, deelgeneem. Ten spyte van winderige toestande behaal hy steeds ‘n eersteplek in sy afdeling.

Plasie-skut Armand Wiers spog trots ‘n eerse plek tydens die Gauteng ABO 3D Kampioenskap, 15 Julie.

Sean Hunt, Canell Jackson, Ricus Warmenhoven, Benéche Jackson en Martin Mostert het op 15 en 16 Julie aan die Noord Gautengse Veldkampioenskap by Archers Edge in Pretoria deelgeneem. Hulle het ‘n gemiddeld van ses ure per dag in die veld deurgebring. Ricus skiet twee en Martin een provinsiale kwalifisering. Canell skiet ook twee nasionale kwalifiserings en behaal haar nasionale kleure vir 2017/18.

Canell Jackson en Sean Hunt tydens die Noord Gauteng Veldkampioenskap, 15 en 16 Julie.

Sean en Canell bring ook elk goud huis toe. ‘n Week later neem Lin-Mari Theron deel aan die Goldfield Binnenshuise Uitdaging en die Vrystaat Provinsiale Binnenshuise Kampioenskap.
Op dag een was haar telling 297 uit 300 met 35 kolskote en op dag twee was haar telling 292 uit 300 met 32 kolskote. Sy het albei dae nasionale kwalifiserende tellings geskiet en kwalifiseer ook vir haar nasionale kleure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button