School sportSport

Reuse oorwinning vir Vossies se eerste krieketspan

Die Hoërskool Ben Vorster se eerste krieketspan het op 12 Augustus hulle Superliga wedstryd teen Hoërskool Piet Potgieter met 354 lopies gewen.

Die Vossies het eerste gekolf en 430/8 in hulle 50 boulbeurte aangeteken. Vernon Harms het die meeste lopies vir die Vossies, 125 lopies van 122 balle, aangeteken.

Die ander uitblinker-kolwers was Atwell Mokgoloboto, met 114 lopies van 66 balle, en Roehan Steenkamp, met 45 lopies van 33 balle.

Lees ook: Vossies bied krieket-toernooi aan

Die Vossies se boulers het hulle weer eens uitstekend van hulle taak gekwyt en het slegs 21 boulbeurte benodig om al Piet Potgieter se kolwers, met 76 lopies op die telbord, pawiljoen toe te stuur.

Atwell Mokgoloboto is aangewys as die speler van die wedstryd. Hy het nie net uitstekend gekolf nie, maar het ook ses paaltjies vir slegs 16 lopies in sy ses boulbeurte laat kantel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button