School sportSport

Vossies spog met twee rugbyspanne in die Noordvaal

Die Limpopo sewes kampioenskap het 16 September by Hoërskool Piet Potgieter plaasgevind.

Die Vossies se O/17 span is as Limpopo naaswenners aangewys nadat hulle onoorwonne tot en met die eindstryd was.

Die O/15 span, wat hierdie sewes seisoen nog onoorwonne was, is as Limpopo kampioene gekroon.

Die span het weer eens dié dag rugby uit die boonste rakke gespeel en gesorg vir wentellings, wat onbetwyfeld gewys het dat hulle hierdie jaar die beste span in Limpopo is.

Hulle het vir Hoërskool Frans du Toit 50-0, Hoërskool Hans Strijdom 39-7 en Hoërskool Merensky 33-7 kaf gedraf. In die eindstryd het die Vossies Hoërskool Merensky vir die vierde agtereenvolgende keer les laat opsê met ‘n telling van 33-5.

Die Vossies se O/15 en O/17 span sal Limpopo later die jaar in die Noordvaal kampioenskap verteenwoordig. Hoërskool Ben Vorster is die enigste skool in Limpopo wat twee spanne in die Noordvaal kampioenskap het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button