School sportSport

Plasie swemmers laat die water spat

By Hoërskool Merensky het die jaarlikse koshuis-teen-dorp interhuis swemgala op 11 September plaasgevind.

Onder luide aanmoediging het die koshuisspan geseëvier met die beste deelname en het hulle ook die beste tye opgestel.

Daniel Smit (graad 8) is aangewys as Junior Victor Ludorum, terwyl Jomari de Beer (graad 8) bekroon is as Junior Victrix Ludorum. By die seniors het Victor Ludorum, Marc Wigginton (graad 11) en Victrix Ludorum, Ariel Oosthuizen (graad 10) hul lywe pure dolfyn gehou.

Op 19 September het die Plasie-swemmers aan die interhoër gala te Stanford Lake College deelgeneem. Die uitslae sal in volgende week se Letaba Herald volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button