School sportSport

Sportnuus van die Larries

Die volgende leerders van Laerskool Tzaneen het verskillende sport prestasies behaal.

‘n Graad 4 leerder, Wihan van Eeden, van Laerskool Tzaneen en ‘n aktiewe lid van Zani’s Gimnastiekklub in Tzaneen het op 7 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Kampioenskap deelgeneem. Wihan behaal ‘n volmaakte punt van 10 vir sy spronge in sy artistiese reeks en verower daarmee sy eerste goue medalje. Sy tweede goue medalje het hy verdien met sy trampolien reeks. Wihan is ‘n Vlak 4 gimnas en neem deel in die ouderdomsgroep 9-10 jaar.
Die Larries het op 27 September hul jaarlikse Vissegala gehou. Marlyne en Dolfyne het sake uitgespook in die water om die titel huistoe te vat. Vanjaar het die Dolfyne gewen met 379 punte. Die volgende swemmers het trofeë gekry: Wernich Schmidt en Jason Bosman deel die Senior Victor Ludorum, Larike Joubert Senior Victrix Ludorum, Elné Haynes Junior Victrix Ludorum, Carel Volschenk en Anrich van Wyngaardt, Junior Victor Ludorum en Nicole Aucamp spankapteine van die Dolfyne. Voor van links: Larike

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button