School sportSport

Vossies is SA se netbal Fast 5 kampioene

Die Hoërskool Ben Vorster het hulle netbalseisoen op ‘n hoë noot afgesluit deur die Fast 5-Top Skole Toernooi, wat 1 tot 3 Oktober in Vanderbiljpark gehou is, te wen.

Die Vossies se O/17-netbalspan, wat hulle 2016-titel teen die land se sterkste netbalskole verdedig het, was onstuitbaar en het netbal uit die boonste rakke gespeel. In hulle poelwedstryde het hulle met die volgende skole afgereken:

Hoërskool Kempton 2 (33-15), Hoërskool Garsfontein (19-18), Hoërskool Riebeeckrand (33-27), Hoërskool Lydenbrg (29-14), Hoërskool Diamantveld (19-14), Hoërskool Voortrekker (34-29), Hoërskool Merensky (27-15). Hulle het net een poelwedstryd, (18-25) teen Meisies Oranje van Bloemfontein verloor.

Nthabiseng Ramothwala in aksie.

Die Vossies het in die semi-finaal teen HTS-Middelburg gespeel en (25-16) gewen om deur te dring na die finaal waar hulle teen Hoërskool Sentraal gespeel het. Teen voltyd was die telling gelykop en ekstra tyd moes gespeel word. Die Vossies het met hernude energie gespeel en die span van Sentraal met (30-27) geklop.

Chanele Machimane in aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button