School sportSport

Vossies kolf uitstekend maar val vas teen Noordheuwel

Hoërskool Ben Vorster se eerste krieketspan het tuis teen Hoërskool Noordheuwel deelgeneem.

Die wedstryd het op 20 Januarie plaasgevind en Noordheuwel het eerste gekolf.

Die Vossie-boulers het vroeg toegeslaan en het twee vinnige paaltjies geneem.

Noordheuwel se kolwers het egter vas geskop en na 50 boulbeurte het hulle 362/7 behaal.

Cobus Geldenhuys het skitterend geboul en het ses paaltjies vir slegs 46 lopies in sy 10 boulbeurte geneem.

Na middag-ete het die Vossies gekolf en ‘n openingsvennootskap van 52 lopies, het die Vossies ‘n goeie begin gegee.

Hul het egter drie vinnige paaltjies verloor, maar die 5de paaltjie vennootskap van 119 lopies tussen Johan Harms en Atwell Mokgoloboto het hul weer op koers gebring.

Hoërskool Noordheuwel se boulers het egter baie gedissiplineerd geboul en die Vossies kon slegs 235/9 in hul 50 boulbeurte aanteken.

Johan Harms het skitterend gekolf en is ongelukkig een lopie, kort van sy honderdtal, uitgehaal.

Sy 99 lopies was egter die hoogste telling vir Ben Vorster

Die O/15-span was nie opgewasse vir die sterbelaaide Hoërskool Noordheuwel nie en het hul wedstryd verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button