7 uit 8 vir Vossie rugby
Die Vossies het Saterdag 17 Maart kragte gemeet teen Hoërskool Centurion en sewe van die agt rugbyspanne het hul wedstryde gewen.
Die o.14A-span het hul wedstryd 33 – 12 gewen terwyl die O/14B-span 34 – 0 gewen het. Die O/15A-span het net-net in ‘n spannende wedstryd met 7 – 15 verloor.
Die O/16-groep het amok gemaak en puik hardloop-rugby gespeel.
Die A-span het 79 – 5 gewen terwyl die B-span 63 – 5 voor was toe die wedstryd net na halftyd stopgesit is.
Die derde span het 33 – 15 gewen en die tweede span het 25 – 8 gewen.
Die eerste span het gemaklik met 39 – 7 gewen en veral in die tweede helfte presteer nadat die span soos een masjien gespeel het.
Drië: Jason Mulder (2), Shima Molepo, Nathan van der Heever, Christiaan Smit en Thapelo Ramoshaba. Doelskoppe: DJ du Preez (3), Strafskop: DJ du Preez



