School sportSport

Goeie wegspring vir Plasies

Hiermee verdien sy 1029 punte op die ABSA-tabel wen en ook beste dogtersatleet van die dag.

Een en veertig van Hoërskool Merensky se atlete het op Saterdag, 20 Oktober, aan die jaarlikse Marius Lengton Atletiekbyeenkoms by HTS Tom Naudé in Polokwane deelgeneem.

Atlete van 16 skole het aan hierdie voorseisoen oefenbyeenkoms deelgeneem met Merensky wat algeheel vierde geeĂ¯ndig het. Elandri Janse van Rensburg, ‘n toekomstige Plasie, het sommer vroegvroeg haar merk gemaak toe sy as O/13-atleet saam met die O/14-groep deelgeneem het.

Sy verdien goud in spiesgooi, nadat sy die spies 36.12m vĂªr geplant het. Hiermee verdien sy 1029 punte op die ABSA-tabel wen en ook beste dogtersatleet van die dag.

Nog goeie prestasies is LeanĂ© Heydenrych wat ‘n eersteplek opgeraap het met haar 1.55m sprong in die O/14 dogters hoogspring en daarmee verdien sy 955 punte op die ABSA-tabel. Ethan Herman, O/16 seuns spies gooi, vat ook goud huistoe met sy afstand van 44.83m.

Merensky sien met verwagting uit na die 2019 atletiekseisoen, veral omdat die interhoër in Februarie op Plasiepark gaan plaasvind. In die foto staan Elandri janse van Rensburg en Lané Kasselman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button