School sportSport

Tzaneen: Alle oë is op Renzo

Baie kenners is van mening dat Du Plessis tans die beste flank is op skolevlak in die land.

Renzo du Plessis, uithaler-flank van Ben Vorster, is stief deur die Suid-Afrikaanse skole-keurders behandel nadat hy slegs die SA Skole A-span gehaal het wat aangekondig is.

Du Plessis was een van die groot uitblinkers tydens die  Cravenweek en was loshande Limpopo se beste speler.

Hy was na twee wedstryde as speler van die wedstryd aangewys en het baie kenners gaande gehad met sy uitmuntende spel.

Die verwagting was dat Du Plessis gewis ‘n keuse vir die SA Skole-span sou wees.

Hy egter in die A-span ingesluit wat saam met die SA skolespan, Arentinië, Engeland, Wallis en Frankryk aan ‘n toernooi in Suid-Afrika sal deelneem.

Die toernooi skop op 9 Augustus by die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch.

Du Plessis sal tydens die reeks wedstryde weer die geleentheid kry om die keurders te beindruk.

Baie kenners is van mening dat Du Plessis tans die beste flank is op skolevlak in die land en dat hy verdien om in die nasionale skolespan te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button