School sportSport

Larries se swemspanne is die beste in die provinsie

Laerskole in Limpoo het verlede naweek in die top-8- swemkampioenskappe by die munisipale swembad op Tzaneen deelgeneem.

Laerskool Tzaneen is op die dag as wenners gekroon. Deelnemende skole was Laerskool Krugerpark, Laerskool Phalaborwa (Groenskool), Laerskool Bosveld, Laerskool Messina, Unicorn Preparatory School, Laerskool Pietersburg-Oos en Laerskool Julian Muller. Joshua Bekker is aangewys as junior victor ludorum en Gaby Loucao het die beste individuele prestasie (volgens die Hy-Tektabel) vir meisies gelewer.

Die Larrie-meisies se Super 12- en interlaerskoleswemspan.

Die Larries se swemspan het ook aan die interlaerskolegala wat op 24 Oktober aangebied is, deelgeneem. Die Larries het die gala met 292 punte gewen. Deelnemende skole was Laerskool Pietersburg-Oos, Laerskool Phalaborwa, Laerskool Messina, Unicorn Preparatory School, Laerskool Mariepskop, Mitchell House en Laerskool PhalaborwaNoord. Die Super 12-gala is op 28 Oktober by Trinity House College in Roodepoort gehou.

Lees ook: Slimmes trek by Plasies saam vir Tritech

Nege skole, onder andere Laerskool Mooirivier, Laerskool Stephanus Roos, Laerskool Hennopspark, Laerskool Menlopark, Laerskool Vastrap, Laerskool Constantiapark, Laerskool Fontainebleau en Laerskool Pietersburg-Oos het deelgeneem. Die Larries verwerf algeheel ‘n vyfde plek. Die meisiespan kom tweede en die seunspan vyfde. Medaljewenners op die dag was Inge du Plessis, Liané van Heerden, Mari Bruwer, Marny du Plessis, Simeon Bekker, Righardt Vorster, Inge Jansen van Vuuren, Joshua Bekker, Anru Schalekamp, Milan Ferreira en Jacques Liebenberg.

Die Larries se aflosspanne het ook goed gevaar. Die o/9’s was eerste in die wisselslagaflos. Die o/10’s was derde in die wisselslagaflos en die vlinderslagaflos, en hul was tweede in die borsslagaflos en die vryslagaflos. Die o/12’s was derde in die borsslagaflos. Die o/8’s was derde in die vryslagaflos. Die meisies se ouderdomsleeraflos (o/8 tot o/13) het ‘n tweede plek verwerf.

Related Articles

 
Back to top button