Ou olie gaan Letaba besoedel
DIE motorwerktuigkundiges wat op die oewer van die Letabarivier bedrywig was staan nou op die parkeerterrein van die Graciagebou in Koedoestraat. Een van die eienaars met ‘n besigheid daar, sê met die eerste groot reëns gaan die olietenk wat daar geplaas is sowel as die olie op die sement in die water afvoerpype die Letabarivier …

DIE motorwerktuigkundiges wat op die oewer van die Letabarivier bedrywig was staan nou op die parkeerterrein van die Graciagebou in Koedoestraat.
Een van die eienaars met ‘n besigheid daar, sê met die eerste groot reëns gaan die olietenk wat daar geplaas is sowel as die olie op die sement in die water afvoerpype die Letabarivier besoedel.
Wat verder skokkend is, is dat die munisipaliteit glo toestemming vir die ongeveer 30 ‘motorwerktuigkundiges’ gegee het om daar te werk, nadat daar palissades opgesit is teen die rivier waar hulle gewoonlik werksaam was.
Die doel was juis om besoedeling te stop.
Die munisipaliteit voer glo aan dat dit hulle grond is voor die Graciagebou.
Morne Mostert, organiseerder vir die Afriforum Limpopo tak het ook ‘n besoek daar afgelê en gaan die saak ondersoek.
Letaba Herald het die nuus verlede week gebreek op ons Facebookblad, Look Local. Dis hoe van die inwoners reageer het:
‘Na daai muur op is, is die res van die dorp nou oop vir kar was, bad, toilet verbruik en dwelms. Dit als besoedel die water en dorp. Dit is pateteties hoe min daaraan gedoen word,’ Ilze Czubora.
‘As die munisipaliteit regtig wil help, moet hulle vir hierdie outjies ‘n slab iewers gooi met die regte oil traps, wat gereeld skoon gemaak word ens. En hulle ‘n minimale jaarlikse fooi laat betaal vir ‘n ‘bay’ vanwaar hulle hul eie klein besigheid kan bestuur. Sodoende is dit ‘n wen vir die hele gemeenskap. Inisiatief en ambisie is die twee sleutelwoorde en ek twyfel sterk of die GTM een van die twee ken,’ Henk van Wyngaardt.
‘Natuurlik moet dit stop gesit word. Hulle moet ‘n besigheid bedryf soos ons almal moet volgens reels,’ Erika Faurie.
‘Die ergste van alles, die besighede wat geregistreer is by MIBCA moet hulle fooie maandeliks betaal en indien nie, word hul ‘n boete opgelê wat tussen R150 000 en R300 000 kan wissel en moet UIF en al die ander lekker goed betaal waar hierdie outjies net lekker sit en werk, onder ‘n boom en geen huurgeld nie. Lekker man Lekker new SA,’Carike Swart Hartzenberg.