EntertainmentLifestyle
Geniet ‘n vonkeloggend vir dames
'n Vonkeloggend vir dames word eersdaags by Fairview Hotel aangebied. Geniet die samesyn, vriendskap en sprekers.

‘n VONKEL oggend vir dames word op 18 Oktober by Fairview Hotel aangebied.
Gaan geniet ‘n oggend vol inspirasie, vriendskap, empatie, stalletjies en heerlike versnapperinge, alles vir ‘n goeie doel. Fondse gaan aan die Tzaneen Krisis Sentrum.
Dit begin om 10:00 en die drag is lente-mooi. Kaartjies kos R200 per persoon en besprekings moet by Marinda Thomas by 083 488 3885 of 015 307 2679 gedoen word.
Katryn Barwise, Miss Humanity International 2014 en ambassadeur vir die Tzaneen Gemeenskapsforum asook Louise Claasen, sielkundige, motiveringspreker en skywer sal tydens die geleentheid optree.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.