EntertainmentLifestyle

Dit is weer tyd vir die Letsitele Lemoenfees

Gaan en ontspan en geniet die talle nuwe uitstallings, met besondere artikels, motorvoertuig uitstallings, juwele, klere, opvoedkundige speelgoed en nog vele meer.

Dit sal plaasvind by Laerskool Dr Annecke op Saterdag, 26 Augustus van 8:00 – 14:00 Die toegang is gratis.

Gaan ondersteun die jongspan langs die mini-hokkie bane en wag die lang-asem landlopertjies in by die wenstreep met ‘n yskoue “slushpuppy” te koop by die snoepie.

Gaan en ontspan en geniet die talle nuwe uitstallings, met besondere artikels, motorvoertuig uitstallings, juwele, klere, opvoedkundige speelgoed en nog vele meer.

Jy gaan definitief ook nie die dag honger ly nie, met kosstalletjies soos hamburgers, chipstix, vetkoek, yankees en pannekoek.

Daar is ’n nuwe Moet-dit-Proe verrassing by die Yankees! Blikkie-rol, springkastele en ‘n groot glybaan gaan die kinders lekker besig hou terwyl jy kraakvars plaasgroente en vrugte, biltong, tuisgebak en die mooiste saailinge en plante kan koop om huis toe te neem.

Die komitee sien uit om jou by die Lemoenfees te sien! Uitstallers is welkom om met hulle inverbinding te tree. Navrae: 082 80 80 802 / nhklet@lantic.net

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button