EntertainmentLifestyle

Letaba Tuinbou vier 60 jaar en jy word uitgenooi

DIT is die maand November en heel gepas vier Letaba Tuinbouvereniging hulle 60ste bestaansjaar.

Dit is tyd om fees te vier en die vieringe sal plaasvind op 3 November en almal is uitgenooi.

So waarna kan uitgesien word? Grant Adam, befaamde landskapsargitek sal optree as gasspreker tydens hierdie spog verjaarsdag geleentheid.

Adam woon in Pretoria, maar sy groenvingers, idiees en werk het al diep voetspore in baie dele van die wêreld se tuine getrap. Hy het al tuine uitgelê in Lima, Peru, Swede, Dubai, Kenia sowel as tuine regoor Suid Afrika. Hy was ook deel van die ontwerpspan van die Limpopo Provinsie embleem wat pryk met die bekende kremetartboom Grant se tema vir die dag is: “Deur die natuur geinspireer.”

Sy aanbieding sal alle aspekte van tuinmaak dek, toegelig met fotos en tekeninge. Dit is dus ‘n lekker praktiese ervaring en enige vrae kan gedurende die aanbieding aan hom gestel word wat met tuinontwerp verband hou. Hy sal ook beskikbaar wees vir tuinkonsultasies om belangstellendes met hulle tuine te help. Grant sal op 1 en 2 November in Tzaneen wees, om tuine in ons omgewing te besoek en inwoners by te staan met raad. Hy sal selfs moontlik nog ‘n tuin of twee op die Satermiddag na die funksie kan besoek.

Tuine word besoek vir ongeveer ‘n uur lank teen R750 en raad word verskaf met sy kundige wenke.

Hou gerus ‘n kaart van jou tuin byderhand sodat aantekeninge gemaak kan word wat hy sal deel. ‘n Tweede opsie is dat wanneer hy jou tuin besoek, hy dit met jou sal bespreek en dan beplan hy jou tuin vir jou op ‘n kaart wat jy op skaal aan hom moet verskaf, teen slegs R1 500.

‘n Derde opsie is dat hy alles doen, beplan, plante verskaf en plant. Die prys is dan onderhandelbaar. Skakel gerus vir Corra Lubbe, voorsitter van die vereniging indien jy sou belangstel in Grant se dienste op: 083 236 8994. Hierdie geleentheid kan nie misgeloop word nie, gegewe ‘n kenner van sy statuur, vir hulp en raad . Maak van sy dienste gebruik terwyl hy in ons omgewing is.

Daar gaan ook heelwat plaaslike uitstallers wees met produkte vanuit die Tzaneen omgewing waarop ons baie trots kan wees. Orgideë, Bonsai, kruie, Favoritz Skoonheid, Juwele, Protek Tuinprodukte, Kremetartprodukte, kompos en nog vele meer. Verder, so reg in die tuinbou kraal sal daar heerlike verjaarsdag verversings tydens teetyd bedien word.

Teken gerus die datum aan. Koop jou kaartjie en gaanvier die Letaba Tuinbouvereniging se 60ste verjaarsdag op eie bodem met ‘n tuinfees. Dit sal plaasvind op 3 November te Tzaneen Country Lodge van 09:00 tot 13:00.

Enige navrae sowel as besprekings en kaartjies, skakel Cora Lubbe op 083 236 8994 of Elize Kasselman: 071 379 5454.

Moet dit nie misloop nie, dit beloof om ‘n tuinskou, tuinbou, tuinsensasie te wees!

Sien jou daar.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button