NewsUpdate

So lyk mooi jong mense wat deur dwelmdraak vernietig is

Die soveelste dwelmslaaf het aan sy einde gekom in die strate van Middelburg...vir almal om te sien.

JP Gouws se maer en uitgeteerde lyf is leweloos op ’n sypaadjie gevind, om hom was ’n plas bloed. Hy is die derde jong man wat in die openbaar dood is as gevolg van dwelms.

JP is voor sy dood aangerand en het ook van ’n bakkie afgeval.

•Edmund Doubell is in Maart in ’n badkamer by die Middelburg Mall gekry. Dit is later bevestig dat hy aan ’n dwelmoordosis gesterf het.

•Shaun Saunders is ’n paar maande later, in Julie, in ’n toilethokkie in die Oaks Sentrum in die middedorp gevind. Ook hy is aan ’n oordosis dood.

Al drie jong mans was verslaaf aan heroïne. Hul liggame is soos rommel opgetel, op ’n publieke badkamervloer, op ’n sypaadjie, vir die wêreld om te sien, en tien teen een verby ’n dwelmhandelaar of twee gedra.

Die polisie se dwelmarrestasies, wat amper lagwekkend sou wees as die gevolge daarvan nie so tragies was nie, bestaan meestal uit besit van dagga.

Een van die beskuldigdes getuig in die hof hoe hy voor die handelaar gearresteer word kort nadat die transaksie voltooi is. Die handelaar stap weg en hy gaan sit alleen in die tronk. Net om later skuld te erken en met ’n R300 boete oor die vingers getik te word. Dit betaal nie eers die elektrisiteit wat nodig is om sy saak te prossesseer nie.

Buiten vir die drie gevalle hierdie jaar, is daar oor die jare ’n ewiggroeiende lys van jongmense wat hul laaste asems uitblaas as gevolg van die dwelmhel waarin hulle vasgevang is.

Lees ander stories hier:

Roudiens vir Hendrik

Another twist in Lahleni Lakes saga

Video: Hoe ry die motoriste? Sukkel – sukkel om die sirkel.

Video: Elektriciteit in die lug!

Honde vergiftig

Video: Donkie gebore tydens ongeluk

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button