CrimeMunicipalNews

Kabeldiewe keer twee maal terug na eerste poging

Sekuriteitspan verhoed massiewe kragonderbrekings in Middelburg na span diewe drie nagte na mekaar verjaag tussen 10-12 Julie.

Titon Sekuriteit was die afgelope naweek op die spoor van ’n groep kabeldiewe.

Hulle het Vrydag-, Saterdag-, en Sondagnag op 10, 11 en 12 Julie, kabeldiewe by die Kees Taljaard-krieketklub verjaag en was net betyds om inwoners van langdurige kragonderbrekings te spaar.

Die diewe het geen moeite ontsien om die kabels oop te grawe nie.

Danksy Titon, was hulle harde graaf- en pikwerk egter verniet.

Reaksiespanne het Vrydagaand tydens patrollie op die grawery afgekom. Op daardie stadium was ’n sloot van meer as 30 cm diep reeds gegrawe teenaan die betonpalissade agter die krieketveld waar dit grens aan die Klein Olifantsrivier.

Met Titon se aankoms het die groep laat spaander.

Die sloot agter die krieketklub wat Vrydagaand deur kabeldiewe oopgegrawe is. Foto: Verskaf

Saterdagnag het die diewe weer probeer om die oopgegroude kabel te steel, maar Titon het hulle weer onderbreek met gereelde patrollies. Sondagnag het dieselfde gebeur.

Al drie nagte het die diewe tussen 23:00 en 02:00 toegeslaan.

Sedertdien blyk dit dat die kabeldiewe maar die aftog geblaas het.

Die sloot en ontblote kabels is ook by die munisipaliteit aangemeld, maar teen Maandag is daar nog niks aan gedoen nie.

Ongelukkig is daar wel skade aan internetveselkabels aangerig, met onderbrekings wat hier en daar aangemeld is.

Op al drie geleenthede het die diewe die nag ingevlug, vermoedelik oor die keerwal in die rivier agter die krieketklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button