KYK: Nuwe winkel neem plek van afgebrande Saverite in
Johnny’s Bargain World open sy sesde tak in Eastdene.
Uit die as van die Eastdene Saverite gaan ’n nuwe winkel herrys.
Sesde winkel
Johnny’s Bargain World maak eersdaags sy sesde winkel in die kompleks oop.
Mahomed Cassim, eienaar van Eastdene se Saverite-supermark, is drie jaar gelede vir dood agtergelaat toe drie rowers sy winkel beroof en aan die brand gesteek het.
Mahomed is aangesê om nie na die drie misdadigers, wat almal balaklawas gedra het, te kyk nie. Hulle het hom gedwing om die winkel se drie kitsbanke oop te maak, waarna die rowers na verskillende dele van die winkel versprei het.
Herhaaldelik geskop
Hy is gedwing om op die grond te lê en na die vloer te kyk, terwyl ’n gewapende man die 64-jarige herhaaldelik geskop het.

Mahomed het ’n geweldige ontploffing gehoor wat soos ’n “bom” geklink het. Die beseerde en bang winkeleienaar het die krag gevind om op te staan en desperaat na die agterste ingang van die gebou te beweeg, wat reeds in vlamme gehul was..
Hy het ’n deur oopgeskop en na veiligheid gevlug.
Niemand is ooit in verband met die rooftog aangekeer nie.
Nuwe winkel
Johnny Venter van Johnny’s Bargain World het in sy weeklikse Observer-bydrae die nuus oor die nuwe winkel bekend gemaak.
KYK DIE VIDEO HIER:
(19)Johnny Venter vertel van die stoute goed wat kliënte aan hom probeer v… | TikTok
