News

Bekende apteker oorlede na maand in hospitaal

Raadslid Vermooten betuig meegevoel met familie van man wat diep spore in gemeenskap trap.

Een van die dorp se gerespekteerde en geliefde aptekers is oorlede.

Willem Prinsloo (79) is Saterdag uit die Hervormde Kerk op Middelburg ter ruste gelê. Hy sou in Maart volgende jaar 80 geword het.

Sy vrou, Ria, vier Woensdag, 21 Oktober, haar 80ste verjaarsdag.

Die egpaar het hierdie jaar hulle 56ste huweliksherdenking gevier.

Ria sê haar man het ’n vroeë stadium van demensie gehad.

Hy het longontsteking gekry en daar was vog op sy een long.

Nadat hy ’n paar dae in die Midmed-hospitaal behandel is, is hy oorgeplaas na die Wilgers-hospitaal in Pretoria, waar die long deur Dr. Bruwer met ’n operasie “skoongemaak” is.

Daar is later vasgestel dat sy dikderm bloei, maar die dokter het gesê dat hy te swak was om weer geopereer te word.

Hy is vanaf 10 September in Wilgers behandel en op 10 Oktober oorlede.

Raadslid Elsie Vermooten, in wie se wyk die egpaar gewoon het, sê Willem se afsterwe was vir haar ’n groot skok.

Sy het haar simpatie met die familie betuig.

“Mag die mooi herinneringe aan ’n lewe saam, die liefde wat gedeel is en die nalatenskap wat hy agterlaat, vir julle vertroosting bring in hierdie moeilike tyd.”

Sy sê Willem was baie bekend op die dorp en is as mens en apteker gerespekteer. “Hy was ’n groot gees”.

*Hy laat sy eggenoot, dogter Babsie en seun Christo agter.

*Die diens is waargeneem deur Ds Thinus Prinsloo.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button