News

Vlae hang halfstok vir “Oom Corrie”

Diens op Scottburgh gehou om dorp se oudste praktiserende prokureur te onthou

Die vlae by die Middelburg Buiteklub het van vanoggend af halfstok gehang.

Die klub het in ’n boodskap aan sy lede gesê ’n waardevolle lid, bekende gesig, ware vriend vir so baie en inwoner van die lodge, sal vir die volgende week onthou word met die vlae wat halfstok sal hang.

Die klub sê: “Rus in vrede, Oom Corrie, jy gaan gemis word.”

Cornelis Johannes Coetzee (77), beter bekend as Corrie, is Vrydagaand oorlede na ’n lang stryd met maagkanker.

Hy was die afgelope drie jaar lid van die span by Brandmuller Prokureurs, maar het al in 1979 op die dorp begin praktiseer.

Hy was ’n groot sportentoesias wat die Comrades voltooi het en vir jare lid was van die Buiteklub se gholf- en muurbalafdeling.

Photo: Supplied

Sy vrou, Elize, het vanaf Scottburgh, waar hulle die laaste klompie jare gewoon het, gesê dat ’n spesiale geleentheid op 30 Oktober van 12:00 tot 14:00 by die Scotties Koffiewinkel op Scottburgh gehou gaan word.

“Met liefde en dankbaarheid nooi ons julle uit om saam met ons die lewe van ’n besonderse man te vier. Kom deel in die mooi herinneringe, stories, en kosbare oomblikke wat ons vir altyd van hom sal koester.”

Die familie vra dat mense wat die geleentheid gaan bywoon, hulle in kennis stel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button