Crime

VIDEO: Mak dief vat skootrekenaar

Hy het reguit na ‘n geparkeerde voertuig gestap en vir hom ‘n skootrekenaar gevat. Mnr. Phillip Smit sê dat hy minder as tien minute van sy Toyota Hilux bakkie af weg was. Hy het ‘n sak met sy skootrekenaar, kamera en splinternuwe selfoon, agter sy sitplek gelos en uitgeklim om gou brood en melk te …

Hy het reguit na ‘n geparkeerde voertuig gestap en vir hom ‘n skootrekenaar gevat.

Mnr. Phillip Smit sê dat hy minder as tien minute van sy Toyota Hilux bakkie af weg was.

Hy het ‘n sak met sy skootrekenaar, kamera en splinternuwe selfoon, agter sy sitplek gelos en uitgeklim om gou brood en melk te koop.

Videomateriaal wat van die sentrum se sekuriteitskameras af verkry is, wys hoe ‘n man uit ‘n wit voertuig, vermoedelik ‘n Toyota Corolla, klim en reguit na mnr. Smit se bakkie stap.

Die voertuig was maklik meer as 100 meter van hom af geparkeer.
Die man stap verby die bakkie en loer skelm by die venster in.

Sekondes later keer hy terug, praat op sy selfoon en maak dan die passasiersdeur oop.

As hy sy buit het stap hy reguit na sy geparkeerde motor en ry weg.

“Dit is net ‘n raaisel hoe hulle geweet het van my laptop. Mens kon die nie sien nie en dit was agter my sitplek weggesteek. As jy na die video kyk lyk dit kompleet asof hulle vir my gewag het en voor die tyd geweet het wat in my bakkie is.”

Daar word vermoed dat die man saam met ander diewe gewerk het en dat hulle toegang tot die voertuig verkry het deur mnr. Smit te verhoed om sy voertuig te sluit deur middel van die gebruik van ‘n ander afstandbeheerder.

Mnr. Smit het ‘n saak van diefstal by die polisie geopen. Indien jy die man op die foto herken kan jy die Middelburg polisie kontak.

jana@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button