Crime

VIDEO: Twee inbrake by skool

Die hoof, mnr. Riaan Kruger, sê dat die inbreker, vermoedelik dieselfde man, Donderdag gedurende die nag toegeslaan het maar dat die infrarooi alarmsisteem nie aangegaan het nie. Saterdag se inbraak is egter duidelik op CCTV kamera vasgelê, nadat die boef toegang tot ‘n klas op die tweede vloer van die senior blok verkry het, terwyl …

Die hoof, mnr. Riaan Kruger, sê dat die inbreker, vermoedelik dieselfde man, Donderdag gedurende die nag toegeslaan het maar dat die infrarooi alarmsisteem nie aangegaan het nie.

Saterdag se inbraak is egter duidelik op CCTV kamera vasgelê, nadat die boef toegang tot ‘n klas op die tweede vloer van die senior blok verkry het, terwyl een van die onderwysers, mnr. Ernst van Tonder, op die derde vloer in die dag besig was om kabels aan te lê.

Sy vriendin, juffrou Anschen Meyer, was by hom om hand by te sit en toe sy afgaan na haar klas op die tweede vloer om meer kabels te gaan haal, het sy gemerk haar deur is oop.

Mnr. Kruger sê dat ‘n projektor en rekenaar Donderdagaand gesteel is en dat hulle Vrydag met hul aankoms by die skool gesien het daar is ingebreek.

“Mens kan nie glo dat die boosdoener Saterdag, terwyl hy moes gehoor het dat daar gewerk word op die derde verdieping, wéér sy kans gewaag het nie,” sê mnr. Kruger.

Hulle het ‘n halwe snoeiskêr voor ‘n ander klas opgetel wat die vermoede bevestig dat die inbreker daar ook wou inbreek, maar gesteur is toe me. Meyer af is klas toe.

“Beide projektors was in die dak ingeskroef,” sê mnr. Kruger.

Hy sê twee dinge was vir hulle vreemd: In Donderdag se inbraak het die boef alles van die rekenaar behalwe die hardeskyf gevat en Saterdag het hy ou krieketsakke gesteel, maar alles binne die sak soos balle en kolwe, uitgegooi en agter gelaat.

‘n Radio is Saterdag ook deur die boef uit die klas gesteel.

“Die beeldmateriaal is baie duidelik en ons glo dat die polisie die inbreker binnekort sal vastrap,” sê mnr. Kruger vol hoop.

•Die inbreker sal nou nie juis die prys vir beste akademiese presteerder wen nie. Hy het ‘n papier op die kamera geplak wat hom afgeneem het, maar dit het losgekom en hy kyk netjies binne die lens in.

gerhard@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button