Crime

R5 000 beloning vir motorfietse

’n R5 000 beloning word aangebied vir enige inligting wat sal lei tot die terugvind van twee motorfietse.

Mnr. Quinton de Winnaar sê hulle het die motorfietse, ’n wit en rooi Honda 250cc veldfiets en ’n Yamaha 350 Raptor, op 21 April by vriende gekoop.

Toe hulle op 23 April die oggend buite kom, was die motorfietse skoonveld.

Mnr. De Winnaar vermoed hul huis is dopgehou, aangesien die diewe die draad naby die motorhuis stukkend gesny en die motorhuis oopforseer is. Die gesin bly op ’n plot op die Rietfonteinplaas (naby die Perdryskool langs Mhluzi).

• Hulle is steeds bereid om die R5 000 beloning te betaal vir enige inligting wat sal lei tot die opspoor van die motorfietse. As iemand weet waar die motorfietse moontlik is, bel 061 478 7085.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button