Sport

Van Carnival City na Xiamen

Nieuwoudt se fietsryreis word al beter nadat sy as Afrika-kampioen gekroon is

Die nuwe Afrika-vrouefietsrykampioen, Magda Nieuwoudt, gaan binne ses dae nadat sy die Eastside-kritfietswedren gister by Carnival City gewen het, aan die Xiamen-driekamp in China deelneem.

Nieuwoudt was tweede in die padwedren oor 104 km in 2:37:09, dieselfde tyd as die wenner, Lucy Young. Jana van der Merwe was derde in 2:35:50.

In die krit het sy die bordjies verhang met ’n tyd van 00:23:41, Young was tweede en Charné Scully derde.

Haar oorwinning volg skaars ’n week nadat sy die vroue-eliteafdeling gewen het by die Afrika-kampioenskappe in Kenia.
Dit gaan interessant wees om te sien hoe vaar sy op 22 November by die RideJoburg-fietswedren deur die strate van Johannesburg, waar sy verlede jaar derde was.

Die Xiamen-byeenkoms vind op 7 November 2026 plaas, langs die Huandong-kusroete in Tong’an-baai in China.

  • Nieuwoudt word steeds hoog aangeslaan vir die werk wat sy met Hoërskool Middelburg se sportspanne gedoen het. Sy het eers op driekamp gefokus, voordat die fietsrygogga haar verlede jaar behoorlik beetgekry het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button