Crime

Opvolg: Vrieskasmoorde – bejaarde is verwurg

Die verhoor teen die drie beskuldigdes wat tereg staan op die wrede moord verlede jaar op 'n bejaarde egpaar van Belfast, het hierdie week begin.

Mnr. Rudolph, beter bekend as oom Koffie van Heerden, en sy vrou, Elma, is in die vroeë oggendure van 9 Januarie 2013 in hul huis op Belfast vermoor.

Daar was ‘n lap om me. Van Heerden se nek en hande en ‘n nadoodse ondersoek het later bevind dat sy dood is aan verwurging.

Mnr. Van Heerden is ook gewurg. Hy is met sy vrou se bra om sy nek gevind. Die lykskouing het bevind dat hy ook met ‘n stomp voorwerp geslaan is.

Die moordenaars het juwele, horlosies, Krugerrande, ‘n .22 pistool en ‘n .32 Ruby rewolwer en ammunisie gebuit.

Bongani Joseph Ncongwane (23), Irvin Brown Nkosi (19) en Sibusiso Charles Sibanyoni (27) word aangekla in die Hooggeregshof vir moord.
Bongani Joseph Ncongwane (23), Irvin Brown Nkosi (19) en Sibusiso Charles Sibanyoni (27) word aangekla in die Hooggeregshof vir moord.

Daarna het hulle op die vlug geslaan met die egpaar se Pajero.

Die voertuig is later by die Wonderfontein-afrit gekry. In plaas van diesel, het die aanvallers petrol in die voertuig gegooi en het dit gaan staan.

Met die polisie se aankoms by die egpaar se huis in Fitzgeraldstraat, het hulle bloed op die vloer gekry. Na ‘n soektog is die egpaar in die vrieskas gevind.

Bongani Joseph Ncongwane (23, van Siyathuka), Irvin Brown Nkosi (19, van Siyathuka) en Sibusiso Charles Sibanyoni (27, van Kwa Guqa) staan tereg op verskeie klagtes.

Dit sluit in: moord, huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede, en besit van ongelisensieerde wapens en ammunisie.

Teen druktyd was die hofverrigtinge nog aan die gang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button