Crime

Misdaadgolf al groter

'n Misdaadvlaag in die Stoffberg distrik het inwoners 'kriewelrig' oor waar daar volgende toegeslaan gaan word.

Kort nadat ‘n boer in sy huis met ‘n wapen aangehou en beroof is, moes boere in die omgewing weer opruk toe daar by ‘n ander inwoner, nie ver van die vorige plaas af nie, ‘n aanval was.

Cias Fourie het twee mans net na 05:30 op sy werf betrap toe hy oppad werk toe was.

Een van die mans het van die dak af op hom gespring.

Die mans het hom met ‘n doringdraad in die gesig geslaan en na ‘n struweling gevlug. Daar bestaan ‘n vermoede dat hulle sy Bantam bakkie wou steel. Mnr. Fourie is nie ernstig beseer nie.

Hy bly teenaan die Hartelus T-aansluiting.

Boere vanuit die omgewing was blitsvinnig op die toneel maar kon nie die verdagtes vastrek nie.

In die afgelope paar maande is daar al minstens sewe vuurwapens by drie boere tydens twee inbrake en ‘n rooftog gesteel.

“Die mense is kriewelrig. Ons kuier nie meer laat nie en die vrouens is op hol as ‘n hond blaf,” het een boer op voorwaarde van anonimiteit gesê.

• Die Laersdrift Polisie het kort na die rooftog waarin mnr. Ben van Rensburg op 31 Julie aangehou is, ‘n verdagte geïdentifiseer. Hulle kon egter nog nie daarin slaag om die persoon op te spoor nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button