News

Dit is Middies teen Nelspruit in liga

Derbyweek gaan groot wees met HTS Middelburg wat 100 jaar vier.

Teken solank 24 April 2027 in julle dagboeke aan! Hoërskool Middelburg het sy rugbybepalings vir volgende jaar bekend gemaak en die eerste kragmeting in die Virsekerbeker Noordvaalreeks is teen sy ou Laeveldse teenstanders, Nelspruit.

Daar kon nie vir ’n meer interessante afskop in die liga gevra word nie.

Nelspruit speel die eerste keer in die bekerafdeling van die reeks terwyl dit Middies se tweede jaar tussen die groot kanonne is.
Nog ’n datum om in rooi te omkring, is 8 Mei 2027 wanneer die jaarlikse derby weg teen HTS Middelburg plaasvind.

Omdat die Rooies volgende jaar hulle honderdjarige bestaan vier, gaan dit ’n spesiale geleentheid wees.

Na die kragmeting tuis teen Nelspruit speel die span in groen vir twee naweke weg in die liga teen Menlopark en Rustenburg, voor die volgende tuiswedstryd op 29 Mei teen Waterkloof.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button